Ons het baie vrae, min antwoorde. Ons poog heelhartig om die seer, emosies en soms ook guilt met die bybel toe te smeer, heel dikwels sonder sukses. Dis seer om te groet, punt. Ons klou desperaat aan memories in die hoop dat jy een naweek sommer net weer ‘n onverwagse opwagting by die huis sal maak, waar die skielike geblaf van Joe, Torres and Oertel  jou tuiskoms uitblaker.

Harte is gewond, maar dis nie in ons hande nie; Dit voel onregverdig, maar wie’s ek om dit te sê; Dis genade wat ons hier wil hê…

Ons verbly ons in die wete dat dat die dood nie meer ‘n angel het nie.

“Death is swallowed up in victory. Death,where is your victory? Where, O death, is your sting? But thanks be to God, who gives us the victory through our Lord Jesus Christ! So then, my dear brothers, be steadfast, immovable, always abounding in the work of the Lord, so that you may know that nothing is in vain | 1 Corinthians 15:55-58

In die oggend se stilte het jy spoorloos verdwaal
soos die weerlig se blitse het jou stem my kom haal
soos die radio uitsaai as jy die stasie kan vind
het jou blydskap kom rondwaal in ons agterplaas se wind | Gian Groen

Ons is lief vir jou! Murph, Arauna, Layla & Benjamin

Sestet vir ‘n slet

Geborge in die ontblote geskater

van ‘n magdom mense

lê sy stukkend

op die stowwerige grond,

g  e  b  r  o  k  e  ,

maar sy wil graag opgetel word

Rykdom

Dit wat ‘n mens nie het nie

maak ‘n mens ryk,

en dit wat ‘n mens nou besit waardeer jy eers as dit weg is:

Sal ‘n mens geld en liefde ooit kon vergelyk?

 

Prys tydens lewe

Droë jasmyn

en ‘n groen blaker

wat nooit ‘n normale kers

sal kan hou nie, omdat my mure

kan praat oor die eenvoud van die tegniek

en is die simpleks gekombineerd met kompleks

omdat hulle verskillend is

en mekaar juis aantrek

Pa se werk

In die eensaamheid van woorde

vind ek die teenvoeter van klanke

wat weerklank vind

in die holtes van ‘n koue kamer

 

Ek waardeer hom baie,

want in elke sweetdruppel wat eintlik

kristalle oor steeds nat gehuilde wange moes gewees het,

weet ek dat hy nie werk vir sy eie gewin nie

 

Sal die einde ooit begin

Die jaar lê op sy rug

maar weens die vloed

en die waters verspoel die brug

 

Jou jaar het pas begin,

koning en koningin steeds besig met die spel

en is dit nodig dat ek nou nog sit en besin?

 

Oor daardie brug moet ek of jy

deur te sê alles wat ons wil.

Verander denke in gesrekke,

want stilbly bly die seerste pil

Vroteier

Agter wie se rug

gaan die sakdoek

hierdie keer neergesit word?

Sy gooi hom neer,

jy spring op en

vang haar, maar

sal jy haar met

jou liefde omgord?

Hoeveel van hulle het al

in die middel

van die kring gesit?

Maar van al die

pyn, seerkry en lyding

sit hulle nou eers en bid

 

Paas

Dit wat vergestalt

word in die dooie vrou

wat loop

is ignorering

 

Die seerste seer

Reg voor my staan ‘n droomhuis –

effens verwaarloos, maar wie is nou perfek

Steeds droog ek nog jou trane af

Al wie dit weet is jy en ek

 

Gisteraand se tranedal bly my altyd by

dit is tog so onnodig dat jy weer ‘n keer moet seerkry

Dit is tog net ‘n gejaag na wind,

en jy is op hierdie oomblik die wind se kind

 

Fluisterend sê jy: “Ek moet jou iets vertel”

jou trane het geloop, maar jou oë het gelyk soos die vuur van die hel

Jy gaan sit toe sommer voor die deur van die saal,

maar ek was daar om jou op te tel

 

Terug in die gemeente waar ons ‘n lof-offer bring

my en jou gedagtes is nie daar nie, maar tog is dit ons stemme wat sing

Baie trane gaan nog vloei, maar die sakdoek is reeds deurweek,

hoe wonderlik was dit om die ring aan jou vinger te steek

 

Dalk uit frustrasie

Ek het alles probeer

maar niks gesê nie

Deur velde en sneeu

is ek, maar tog nog

nie gevind waarvoor

ek gesoek het nie

 

In die Karoo is

niks om te sien

nie, maar so baie

om te onthou

 

So is dit dan.

Ek sien jou nie baie

nie, maar dit voel

vir my asof ek in

Maritzburg

se botaniese tuin stap

 

Niks anders maak saak nie,

maar God maak vir my baie saak

 

Ek wens dinge wil in

grys stof indring en tog

net ‘n kwaliteitsbesluit

neem, want jy hardloop

en tog staan jy stil,

jy soek

en jy het hom nog nie

gevang nie

 

 

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

April 2024
S M D W T V S
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Kategorieë

Blog Stats

  • 34 302 hits

Top Clicks

  • Geen
Follow Murph se Muurprop on WordPress.com

No Instagram images were found.