You are currently browsing murphmuurprop’s articles.

Sestet vir ‘n slet

Geborge in die ontblote geskater

van ‘n magdom mense

lê sy stukkend

op die stowwerige grond,

g  e  b  r  o  k  e  ,

maar sy wil graag opgetel word

Rykdom

Dit wat ‘n mens nie het nie

maak ‘n mens ryk,

en dit wat ‘n mens nou besit waardeer jy eers as dit weg is:

Sal ‘n mens geld en liefde ooit kon vergelyk?

 

Prys tydens lewe

Droë jasmyn

en ‘n groen blaker

wat nooit ‘n normale kers

sal kan hou nie, omdat my mure

kan praat oor die eenvoud van die tegniek

en is die simpleks gekombineerd met kompleks

omdat hulle verskillend is

en mekaar juis aantrek

Pa se werk

In die eensaamheid van woorde

vind ek die teenvoeter van klanke

wat weerklank vind

in die holtes van ‘n koue kamer

 

Ek waardeer hom baie,

want in elke sweetdruppel wat eintlik

kristalle oor steeds nat gehuilde wange moes gewees het,

weet ek dat hy nie werk vir sy eie gewin nie

 

Sal die einde ooit begin

Die jaar lê op sy rug

maar weens die vloed

en die waters verspoel die brug

 

Jou jaar het pas begin,

koning en koningin steeds besig met die spel

en is dit nodig dat ek nou nog sit en besin?

 

Oor daardie brug moet ek of jy

deur te sê alles wat ons wil.

Verander denke in gesrekke,

want stilbly bly die seerste pil

Vroteier

Agter wie se rug

gaan die sakdoek

hierdie keer neergesit word?

Sy gooi hom neer,

jy spring op en

vang haar, maar

sal jy haar met

jou liefde omgord?

Hoeveel van hulle het al

in die middel

van die kring gesit?

Maar van al die

pyn, seerkry en lyding

sit hulle nou eers en bid

 

Paas

Dit wat vergestalt

word in die dooie vrou

wat loop

is ignorering

 

Die seerste seer

Reg voor my staan ‘n droomhuis –

effens verwaarloos, maar wie is nou perfek

Steeds droog ek nog jou trane af

Al wie dit weet is jy en ek

 

Gisteraand se tranedal bly my altyd by

dit is tog so onnodig dat jy weer ‘n keer moet seerkry

Dit is tog net ‘n gejaag na wind,

en jy is op hierdie oomblik die wind se kind

 

Fluisterend sê jy: “Ek moet jou iets vertel”

jou trane het geloop, maar jou oë het gelyk soos die vuur van die hel

Jy gaan sit toe sommer voor die deur van die saal,

maar ek was daar om jou op te tel

 

Terug in die gemeente waar ons ‘n lof-offer bring

my en jou gedagtes is nie daar nie, maar tog is dit ons stemme wat sing

Baie trane gaan nog vloei, maar die sakdoek is reeds deurweek,

hoe wonderlik was dit om die ring aan jou vinger te steek

 

Dalk uit frustrasie

Ek het alles probeer

maar niks gesê nie

Deur velde en sneeu

is ek, maar tog nog

nie gevind waarvoor

ek gesoek het nie

 

In die Karoo is

niks om te sien

nie, maar so baie

om te onthou

 

So is dit dan.

Ek sien jou nie baie

nie, maar dit voel

vir my asof ek in

Maritzburg

se botaniese tuin stap

 

Niks anders maak saak nie,

maar God maak vir my baie saak

 

Ek wens dinge wil in

grys stof indring en tog

net ‘n kwaliteitsbesluit

neem, want jy hardloop

en tog staan jy stil,

jy soek

en jy het hom nog nie

gevang nie

 

 

Nog nie klaar nie

So dan het ek besluit om jou te vertel

alles en meer nog hoe ek oor jou voel

soos voorheen brand dit soos die vuur van die hel,

jy moet my sê, dien dit enigsins ‘n doel?

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 10 other followers

 

Mei 2012
S S M T W T F
« Mar    
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Kategorië

Blog Stats

  • 24,581 hits

Top Clicks

  • Geen

twitter murphmuurprop

Flickr Photos

Thrift - Flickr Explore #1 May 28, 2012

Red Drop

ombre di sole

More Photos

SocialVibe


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.