You are currently browsing murphmuurprop’s articles.
Sestet vir ‘n slet
Geborge in die ontblote geskater
van ‘n magdom mense
lê sy stukkend
op die stowwerige grond,
g e b r o k e ,
maar sy wil graag opgetel word
Rykdom
Dit wat ‘n mens nie het nie
maak ‘n mens ryk,
en dit wat ‘n mens nou besit waardeer jy eers as dit weg is:
Sal ‘n mens geld en liefde ooit kon vergelyk?
Prys tydens lewe
Droë jasmyn
en ‘n groen blaker
wat nooit ‘n normale kers
sal kan hou nie, omdat my mure
kan praat oor die eenvoud van die tegniek
en is die simpleks gekombineerd met kompleks
omdat hulle verskillend is
en mekaar juis aantrek
Pa se werk
In die eensaamheid van woorde
vind ek die teenvoeter van klanke
wat weerklank vind
in die holtes van ‘n koue kamer
Ek waardeer hom baie,
want in elke sweetdruppel wat eintlik
kristalle oor steeds nat gehuilde wange moes gewees het,
weet ek dat hy nie werk vir sy eie gewin nie
Sal die einde ooit begin
Die jaar lê op sy rug
maar weens die vloed
en die waters verspoel die brug
Jou jaar het pas begin,
koning en koningin steeds besig met die spel
en is dit nodig dat ek nou nog sit en besin?
Oor daardie brug moet ek of jy
deur te sê alles wat ons wil.
Verander denke in gesrekke,
want stilbly bly die seerste pil
Vroteier
Agter wie se rug
gaan die sakdoek
hierdie keer neergesit word?
Sy gooi hom neer,
jy spring op en
vang haar, maar
sal jy haar met
jou liefde omgord?
Hoeveel van hulle het al
in die middel
van die kring gesit?
Maar van al die
pyn, seerkry en lyding
sit hulle nou eers en bid
Paas
Dit wat vergestalt
word in die dooie vrou
wat loop
is ignorering
Die seerste seer
Reg voor my staan ‘n droomhuis –
effens verwaarloos, maar wie is nou perfek
Steeds droog ek nog jou trane af
Al wie dit weet is jy en ek
Gisteraand se tranedal bly my altyd by
dit is tog so onnodig dat jy weer ‘n keer moet seerkry
Dit is tog net ‘n gejaag na wind,
en jy is op hierdie oomblik die wind se kind
Fluisterend sê jy: “Ek moet jou iets vertel”
jou trane het geloop, maar jou oë het gelyk soos die vuur van die hel
Jy gaan sit toe sommer voor die deur van die saal,
maar ek was daar om jou op te tel
Terug in die gemeente waar ons ‘n lof-offer bring
my en jou gedagtes is nie daar nie, maar tog is dit ons stemme wat sing
Baie trane gaan nog vloei, maar die sakdoek is reeds deurweek,
hoe wonderlik was dit om die ring aan jou vinger te steek
Dalk uit frustrasie
Ek het alles probeer
maar niks gesê nie
Deur velde en sneeu
is ek, maar tog nog
nie gevind waarvoor
ek gesoek het nie
In die Karoo is
niks om te sien
nie, maar so baie
om te onthou
So is dit dan.
Ek sien jou nie baie
nie, maar dit voel
vir my asof ek in
Maritzburg
se botaniese tuin stap
Niks anders maak saak nie,
maar God maak vir my baie saak
Ek wens dinge wil in
grys stof indring en tog
net ‘n kwaliteitsbesluit
neem, want jy hardloop
en tog staan jy stil,
jy soek
en jy het hom nog nie
gevang nie
Nog nie klaar nie
So dan het ek besluit om jou te vertel
alles en meer nog hoe ek oor jou voel
soos voorheen brand dit soos die vuur van die hel,
jy moet my sê, dien dit enigsins ‘n doel?







Onlangse Kommentaar