You are currently browsing the monthly archive for Julie 2011.
Vroteier
Agter wie se rug
gaan die sakdoek
hierdie keer neergesit word?
Sy gooi hom neer,
jy spring op en
vang haar, maar
sal jy haar met
jou liefde omgord?
Hoeveel van hulle het al
in die middel
van die kring gesit?
Maar van al die
pyn, seerkry en lyding
sit hulle nou eers en bid
Paas
Dit wat vergestalt
word in die dooie vrou
wat loop
is ignorering
Die seerste seer
Reg voor my staan ‘n droomhuis –
effens verwaarloos, maar wie is nou perfek
Steeds droog ek nog jou trane af
Al wie dit weet is jy en ek
Gisteraand se tranedal bly my altyd by
dit is tog so onnodig dat jy weer ‘n keer moet seerkry
Dit is tog net ‘n gejaag na wind,
en jy is op hierdie oomblik die wind se kind
Fluisterend sê jy: “Ek moet jou iets vertel”
jou trane het geloop, maar jou oë het gelyk soos die vuur van die hel
Jy gaan sit toe sommer voor die deur van die saal,
maar ek was daar om jou op te tel
Terug in die gemeente waar ons ‘n lof-offer bring
my en jou gedagtes is nie daar nie, maar tog is dit ons stemme wat sing
Baie trane gaan nog vloei, maar die sakdoek is reeds deurweek,
hoe wonderlik was dit om die ring aan jou vinger te steek
Dalk uit frustrasie
Ek het alles probeer
maar niks gesê nie
Deur velde en sneeu
is ek, maar tog nog
nie gevind waarvoor
ek gesoek het nie
In die Karoo is
niks om te sien
nie, maar so baie
om te onthou
So is dit dan.
Ek sien jou nie baie
nie, maar dit voel
vir my asof ek in
Maritzburg
se botaniese tuin stap
Niks anders maak saak nie,
maar God maak vir my baie saak
Ek wens dinge wil in
grys stof indring en tog
net ‘n kwaliteitsbesluit
neem, want jy hardloop
en tog staan jy stil,
jy soek
en jy het hom nog nie
gevang nie
Nog nie klaar nie
So dan het ek besluit om jou te vertel
alles en meer nog hoe ek oor jou voel
soos voorheen brand dit soos die vuur van die hel,
jy moet my sê, dien dit enigsins ‘n doel?
Ink uit die pen wat jy my gegee het
Ek is moeg vir die stadium
waar die eier geval het,
want wat maak ‘n mens
met dit wat klaar gebreek het?
Op sy twee kopkante
kan jy hom druk so
hard as wat jy wil
en hy sal nie breek nie.
Draai hom, en met
omtrent geen inspanning breek sy
Jy het dit in jou hande;
moet haar nie laat val nie,
maar wat maak ‘n mens
met dit wat klaar gebreek het?
Op Woensdag 30 Jul 2008, 14:09 skryf ek die volgende:
“Maak die dame vir haarself nie onnodig moeilikheid nie? Nie dat haar musiek enigsins my hare agteruit blaas nie, maar nogtans vind ek dit onsettend hartseer as mense met soveel potensiaal met dit so goedkoop omgaan.
Met dié uitsteek van die vinger kyk ek myself óók nie mis nie. Sommer denkend.“ ['n Wynhuis vol potensiaal] | (kliek op die skakel)
Vandag 23 Julie 2011, 20:54 lees ek die volgende:
(Reuters) – British singer Amy Winehouse has been found dead at her home in north London, Sky News reported on Saturday. She was 27. [Factbox: The life and times of Amy Winehouse]
Maak nie saak hoe mens daarna kyk nie… dit bly kak sad.
Iemand sê so
Jy bevind jouself van tyd
tot tyd in omsatndighede
wat jy gedink het dat dit
nog nooit so donker was nie
Ek wil regtig nie hê
jy moet deurmekaar wees nie
Ek haat dit. Ek was in
jou skoene – Versoek net soos jy, in elke opsig
My Gees sal in jou
midde bestendig bly
Wees nie bevrees nie
My gebroke hart
Eintlik is my gedagtes
by jou, maar daar is
iets anders wat my hart
op hierdie oomblik ook aanraak
Hy sit op die sement muurtjie
en wanneer jy dan daar verby ry
glimlag hy ‘n vals glimlag,
want sy enigste vervoermiddel is jy
Met emmers water in ‘n kruiwa
stoot sy hom langs die hoofpad.
Seker die enigste lig in
haar lewe is wanneer jy
in jou motor daar verby ry,
maar die water is kosbaar
Te sag gesê
Soetsappig wil ek nie
wees nie, en die reuk
van uriene wil ek nie ruik nie,
praat in oor en hare teen wang
Seks tussen twee bome.
Is dit moontlik?
Nee dit is nie,
maar die intimiteit is
Vals blomme haat ek.
Maak eerder ‘n blom,
want dit hou verewig.
Regte blomme gee hulle,
maar met onegtheid.
Die egte blom en onegtheid
verwelk, met ander woorde
jy gaan sit met niks











Onlangse Kommentaar