You are currently browsing the monthly archive for Oktober 2010.
Shotto Max, weer ‘n keer!
Right2Know-veldtog
Ek was 21 jaar gelede laas op ’n march, ’n propperse optog in die strate om teen onreg in dié land beswaar te maak.
Toe was dit die “People’s Power”-optogte van 1989 met Desmond Tutu, Allan Boesak, ’n handvol imams, rabbi’s en dominees en leiers van die destydse United Democratic Front vooraan om ’n einde aan apartheid en onmiddellike onderhandelinge vir ’n oorgang na demokrasie te eis.
Ek het dié week Woensdag wéér ge-march.
Daar was weer imams, rabbi’s, dominees en gemeenskapsleiers in die voorste ry. Die swetende lywe om my het weer getoi-toi dat die stof staan.
Ons het weer ge-amandla-awethu, ge-viva en ge-phansi.
Ek het weer soort van probeer om voor te gee dat ek ook ’n bietjie ritme het, maar moes uiteindelik weer erken dat my stywe Calvinistiese boude nie eintlik vir ’n volbloed-toi-toi gemaak is nie.
Ek praat van die optog in Kaapstad onder die vaandel van die Right2Know-veldtog teen die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting wat, as dit wet word soos dit nou is, ons demokrasie gaan verskraal en die inligting wat ons as burgers nodig het om te verstaan wat in ons land aangaan, ernstig gaan inperk.
Baie nostalgie, heelwat plesierigheid. En tog dieselfde dodelike erns dat ons gemeenskap voor ’n krisis staan en dat protes en lydelike verset weer noodsaaklik geword het. Dié keer ook met ’n stuk hartseer dat dit ’n wettige, verkose regering is wat nou ons vryheid bedreig.
Ons was destyds baie seker dat ons aan die wenkant was; dat die skreiende onreg na aan sy einde was.
Dié keer was ons nie so seker van sukses nie.
Op pad na die vergaderplek in Distrik Ses waar die opmars moes begin, was ek effens bekommerd dat daar te veel blekes gaan wees en te min van die ANC se eie primêre constituency. Maar teen die tyd dat ons begin beweeg het, was dit duidelik dat daar maar weer, soos in 1989, net ’n handjievol wittes was wat genoeg omgee om hul ontevredenheid te gaan demonstreer.
Waar was die redakteur van Die Burger en sy redaksie? Joernaliste is tog die mense wat heel eerste die knyp van die voorgestelde wetgewing gaan voel.
Ek raak sommer die donner in. Hoekom dink die redakteurs ons moet hul vuil werk vir hulle doen?
As vryheid van spraak opgehef word, dan is hulle hul joppe kwyt. Nee wat, hulle bly eerder op kantoor en skryf oor rugby en misdaad en droogte en Afrikaans op Stellenbosch.
My argwaan word darem getemper omdat twee van my mede-marsjeerders mense is wat in 1989 ook saam met my in die strate geloop het: die skrywer André Brink en my oud-kollega uit die Vrye Weekblad-dae Pearlie Joubert.
Julle slapgat- wit mense moet ophou om te kerm en te kla om die braaivleisvure en in die briewekolomme Zimbabwe-Zimbabwe te skreeu.
As julle nie bereid is om op te staan en jul verbintenis tot ’n oop, regverdige samelewing saam met ons swart en bruin landgenote te demonstreer nie, moet julle verwag om geïgnoreer te word.
- Max du Preez, RAPPORT gedatteer 30/10/2010
Met ‘n potlood en ‘n kwas [erkenning: Werner Carstens]
Ek blaai onlangs deur ons digital album – - ‘n pienk hardeskyf vol memories van die afgelope 5 of 6 jaar. Op die meeste kiekies lyk ek maer, honger en Layla is nog nêrens te siene nie. Hoe ingrypend het dinge nie verander nie? …en mid November is die tweede pienkvoet ook oppad; ‘n laaitie wat ons Benjamin noem.
Dit is heelsekerlik hoog tyd vir ‘n kortstondige “update” en ek dreig al weke. Ek het immers beloof om van ons kant af meer gereeld kontak te maak en het net weereens dié vakansie besef met watse familie, vriende en kennisse ons mee ge-bless is. In vandag se dolle bestaan is dit seker normal om na 6 jaar uit jou kontrei effens uitgesluit te voel, maar daai gevoelens vat gou hase-pad na ‘n enkele woord; of in baie gevalle hoef mens selfs niks te sê nie. Die hedendaagse bestel kan so maklik van eiesoortige individue “copies” maak wat nie kan wag dat vriende fouteer en misluk nie. Ons het verleer om in mekaar se vreugdes te deel en werklik heelhartelik saam opgewonde te raak oor ander se prestasies. Ons meet op oor wie waar bly en meet geluk aan of jou kar lap of leer sitplekke het. Hoe oppervlakkig is dit nie? Het jy geweet dat al die “fancy” kak eintlik ABSA s’n is en hy ook maar lang briekmerke los as Riaan Cruywagen melding maak dat rente koerse gaan styg. Gaan kyk maar – - daai huise is gestock met die Vanish en OMO om van die vlekke ontslae te raak. Hoe dit ookal sy, ek het my opnuut voorgeneem om saam met my vriende opgewonde te raak oor elke deurbraak, mylpaal, “mishap”, stront-doeke, bevorderings, salaris verhogings, skilderye, plankvloere of enige ander ding wat vreugde verskaf. Kom ons haal die klappe van ons oge af en kom tot die besef dat dit wat omies in swart togas, P.W. Botha en oorerwing ons geleer et nie altyd reg was nie. The child will not be punished for the parent’s sins, and the parent will not be punished for the child’s sins. Righteous people will be rewarded for their own righteous behavior, and wicked people will be punished for their own wickedness | Ezekiel 18:20 (NIV).
Hierdie jaar was ‘n lang gooi in die woestyn en die vakansie het homself net betyds gepressenteer voordat ek myself tot liters homebrew gewend het. Arauna en Layla is reeds ‘n maand voor my Kaap toe en kon darem die doodsnikke van die vuvuzela-koors ervaar (dit gesê, ek verstaan die World Cup was AFRIKA s’n – - nou hoekom betaal net Suid-Afrikaanse belasting betalers dan daarvoor?)
Ek sien altyd op vir die gevlieg huis toe – - Die effense excitement van opstyg maak nie op vir ongemak en die plastiek kos op ‘n vliegtuig nie. Daar is min dinge in die wêreld wat ek meer haat as ontbyt op ‘n vliegtuig. Jy ruik daardie kuns-eiers vandat jy op die vliegtuig klim en dan force-feed hulle jou daai rubber gemors die volgende oggend as jy bleek om te kiewe is. Daar is nie ‘n manier nie! Die enigste ander waardige sensasie van ‘n long-haul vlug is om seker te maak dat jy die toilet met die venstertjie vir jouself beset het, net voordat die son anderkant die horison verdwyn. Dis een van die min plekke waar jy nie hoef te lees as jy skeit nie. As ek dan na die tyd spoel verbeel ek my dit werk dieselfde as op ‘n trein en hoop ek maar vir die beste dat my ‘deposit’ op ‘n dor stukkie aarde val. Legendaries!
Van treine gepraat… Etihad Airways land nou ook in Kaapstad. Ons vlieg Dammam – Abu Dhabi – Johannesburg – Kaapstad. Die voordeel is dat jy jou bagasie regdeur tot in Kaapstad kan boek en nie dan hoef te worry om ekstra dollars vir oorgewig bagasie op ‘n domesitic flight van JHB – CT toe te betaal nie. So besluit ons om ons nette bietjie wyer uit te gooi en neem toe in ‘geloof’ die besluit om as deel van ons vakansie ekspidisies die trein van die Kaap af Kimberley toe te probeer. Ongelukkig het mens onverskrokke geloof, tonne hoop en oonbaatsugtige liefde nodig om aan die anderkant uit te kom. Om mee te begin, meeste stasies is steeds moer-in-gone weggesteek in areas waar kinders honde byt en dien steeds as buffer tussen die ou apartheids townships en sogenaamde minder gegoede blanke gebiede. Bellville-stasie was ook geen uitsondering nie. Verder is daar ‘runaway & pap’ stalletjies om van te kies en te keur Taxi’s, DJ’s, Carwatches, skelms, gangsters, druggies, straat predikers, boetebessies en ook die drie van der Merwe’s. Op platform # 1 tref ons toe ook ‘n totale nuwe sub-spesie aan wat hulself as ons mede passasiers voordoen. Ek merk ook dat die een oom nie bagsie het nie, maar wel ‘n dosyn Black Labels. So maak die Shosholoza Meyl toe eventually net na kwart oor een sy verskyning, darem nie te vêr van waar ons vir coach # 3 gemik het nie.
Die binnekant van die kompartement was walglik vuil; ek het die gevoel gekry van ‘n familie saamtrek waar een of ander verlangse familie-lid voor jou gebad het maar nooit van ring afgewas het nie! Dammit. Arauna het twee pakkies wipes gebruik om die pers banke effens sitbaar te maak en kort-kort gestotter oor waar ons Dettol in die hande gaan kry, Sy wou met mag en mening by die eerste stop op die volgende stasie uitspring en op die perron te gaan soek het vir sterker disinfectants. Die blou staalwol-komberse wat hulle vir jou bring om onder te slaap lyk en ruik presies soos ek dit nog van doerie-jare kon onthou. Die enigste verskil is dat dat bes moontlik die stasiemeester se bruin dovet was wat tussen my wit lakens en SARS navy blue kombers sy verskyning kom maak het. Ons “heater” in die kompartement kon ook nie verstel nie, aangesien die kraanagtige kop waar die verstellings moes plaasvind ook missing was.
Dit was dalk ‘n blessing in disguise want ons het toe maar besluit om nes bo-op die bedekkings te skrop. So rol ons toe GatLand om 06:25 binne. Op hierdie topic wil ek verrigtinge effens vooruitloop. Swem, ry fiets, stap, smeek vir ‘n lift, levitate of time travel – - maar moet NOOIT die Shosholoza Meyl oorweeg nie. Ten spyte van die alles het ons teen ons wil weer kans gesien vir die episode terug van Kimberley af Wellington toe; die keer gepanser met gasmaskers, skoonmaak-middels, skropborsels, Scotch-Brite™ en Dettol waarop ‘n staatshospitaal sou trots op wees. Ons arriveer van Bloemfontein in by Kimberley stasie net om te verneem dat die alle treine sonder kennisgewing ge-cancel is. Die operateur van die Shosholoza kaartjie kantoor het die shit natuurlik sien aankom en nie eers die moeite gedoen om op te daag nie! Mango het ons toe maar twee dae later in die Kaap gaan aflaai. [ns. Ons wag NOU nog vir die beloofde terugbetaling. Philip het my gewaarsku - - Sy oom het by ‘n vorige geleentheid met die einste Shosholoza bleikbaar 40 km voor Kimberley sonder diesel gaan staan en toe nog ‘n verdere 8 ure vir die rescue trein gewag! Hoe vertraag is dit?] Wees wys, ry trein in Europa!
Ons is via Kimberley, aangesien die trein nie in Bloemfontein stop nie, welke ook met goeie rede. Ek dink naas Caracas Venezuela is Bloemfontein stasie sekerlik die gevaarlikste plek op gods akker. Met die aankoms verras Pa Winston en Swarra Alfred my met ‘n heerlike jag-naweek op sy skoonmense se plaas naby Koffiefontein.
Skuts sal jou altyd vertel van al hulle goeie skote en hoe vêr die bok was toe jy hom tussen die oë gedress het. Inteendeel, ek het al ‘n storie gehoor van ‘n skut wat ‘n rooibok in die bosveld van agter af tussn deur die bok se bene in die kop geskiet het, dit alles terwyl die bok gras gevreet het. Stront! Laat ek jou sê, dis net in paartyd waar jy lekker naby aan die katools rammetjies kan kom – - die res van die tyd is ‘n rooibok ooi bitter senuweeagtig, en blaas en maak gat skoon vir die geringste geluidjies. Ek dink dis hoe André Nel ook op hierdie stadium van die geveg voel!
Dit was heerlik om net weer in die veld te wees. Mens mis dit, en hier in die woestyn waar selfs sterre ‘n luuksheid is besef mens net weer dat dit ook daardie klein dingetjies is wat mens moet waardeer solank dit daar is. Terug op kantoor en deel van ‘n kommersiële gejaag hunker mens dikwels terug na goeters wat heel alledaags mag voorkom.
Ek persoonlik eet graag ‘n gat deur ‘n spens maar verkies om links van lewertjies verby te hou. Winston het die volgende oggend vir ons die vars lewers as snack’ie gaar gemaak en is amper ge-convert as a volslae lewer vreter. Die goed was heerlik!
Soos altyd klap die tyd vlerke, maar het darem hierdie jaar die voorreg gehad om vir my 34ste b-day by die huis te wees en dit saam met vriende wat in die omgewing was te kon vier. Alhoewel dit MY ‘party’ was, moes ons uit die aard van die saak ook vir die kinders gift packs en ‘n springkasteel organize; gevolglik het die geleentheid van tyd tot tyd effe soos Layla se verjaarsdag gevoel… Met groot blydskap! Om alles te kroon was dit sommer ook die ideale geleentheid vir Arauna se stork-tea! Ek het nie gelieg toe ek gesê het dat ek nie noodwendig die spotlight op by eie ‘party’ gevang het nie. Dit was heerlik om al die vriende bymekaar te hê, en sommer net bande vas te maak in dit wat reeds onvoorwaardelike vriendskappe is.
Daar was heelwat verwikkelinge in die familie-kringe. Skoonpa het ‘afgetree’ en toe besluit om ‘n spiksplinternuwe apteek in Bultfontein te gaan oopmaak. Hy en Ma Sonia is sak en pak soontoe en klink my dit is hemel op die platteland. Verder hoor ons die Apteek om die Bult word uitstekend ondersteun maar die broeders van die NG-Kerk koop bleikbaar nie daar nie [hulle loss]. Ek en Arauna sukkel om die smiles van ons gesigte af te kry oor die opgewondenheid namens die ou mense. Hulle verdien dit so en het geweet die ding gaan een moerse sukses wees. Ons hoor daar is kort-kort ‘n lucky draw, iemand wat gil op ‘n mega phone, en dat die groot troef – die DJ wat een moerse geraas maak en soos rooi-aas die mense in die rigting van die ‘Chemist’ lok. Ek besef net weer, die Afrikaner was vir te lank te hoogmoedig. Goddank die oumense het nie vir daai hoegmoed-koeksuster geval nie. Die jirre hoor my, ek hoop net ons proe ‘n iets van die goudmyn se opbrengste…
Verder het Louis en Marietta die Kaap vir Wellington verruil. ‘n Mens kan sien die staat spoeg nou mooi geldjies en dié bly in ‘n pragtige huis wat vir die berge loer. Die straat wemel van die kinders en daar word vir ure in die parkie gespeel – - baie soos ek dit in Moffettstraat van my laerskooldae kan onthou.
Dit was ook heerlik om weer die Voël-baas a.k.a. Werner Carstens en sy dierbare vrou te sien. Ek het ‘n vermoede dat ons heelmoontlik nog ‘n hele paar sushi’s en Diemersfontein se Chocolate Coffee Pinotage edelvoggies sal deurwerk. Werner, ek het reeds my Line 6 UX2 opgefire. Maak jy net seker om vir Taliban Theron en die Kopslaan en Baklei band as backup te organize dan brul ons ‘n paar nommertjies langs die swembad by die onderste braaiplek. Hoe’s daai?
Ten laaste het Marietta het my ook weer aan die hardloop gekry. Ek moet sê, dit is heelwat makliker daar tussen die berge en wingerde as hier op die treadmill en stof. Hou maar net die ‘spot’ dop!
Ek laat weer van my hoor na Benjamin se geboorte. “In the time of my favor I heard you and in the day of salvation I helped you”. I tell you, now is the time of God’s favor, now is the day of salvation | 2 Corinthians 6:2
Liefde groete,
Murph















Onlangse Kommentaar